johan & maja
trou op 31 januarie 2020ONS VERHAAL
“DIE ONTMOETING”
– Deur J.H. de Lange
Daar word altyd gesê dat elke storie 2 kante het en dan is daar die waarheid.
Wel hierdie verhaal is nie fiksie nie, dit is n akkurate weergawe van die gebeurtenisse wat plaas gevind het een onverwagste Desember.
Ons storie begin eendag lank, lank gelede…… OK, nou nie so lank gelede nie, 5 Desember 2015, vier jaar terug om presies te wees. Ek het net geland op O.R Tambo na n’ lang twee weke krieket toer in Sri Lanka. Dit was laat Saterdag middag en ek was redelik uitgeput na die lang rond geritsery. Oppad huis toe het twee van my vriende my gekontak, want dis mos wat goeie vriende doen, en my uitgenooi om saam met hulle te gaan “EET” (nou ons almal weet dit was eintlik net alcoholise verversings waar eet opsioneel is). Ek hou nie daarvan om mense in die steek te laat nie, maar ek was nogals moeg en het eers die uitnodiging van die hand gewys (“true story”). Na n lang gesoebat en gesmeek het ek ingestem en ek het toe besluit om net my tasse af te laai en dan dadelik te gaan want mens sê mos nooit NEE vir “kos” nie. Ek is toe dadelik daar weg in my “asemrowende stylvole” krieket klere en ek wat so vars soos twee dae oue Sri Lankan tee ruik. As ek toe geweet het wat ek nou weet, het ek ten minste my hare gekam en gestort.
Die aand het redelik stadig begin, soos wat elke goeie aand maar gewoonlik begin, ek het hulle vertel van my avontuur in die sub-kontinent en ons het opgevang oor allerdaagse dingetjies en datjies, soos wat enkellopende mans maar doen as hulle uitgaan vir “ete”. Later die aand het ons besluit om nader aan die huis te verskuif en het toe gedink dat dit n goeie idee sal wees om na die plaaslike watergat te gegaan, ”net om vinnig te gaan kyk wat daar aangaan”.
Gewoonlik, as enkellopende mans by ‘n plek aankom, dan loop hulle eers deur die fassiliteite, net om te kyk of die plek op “standaard” is en waar al die nooduitgange is, net vir ingeval mens dit gaan nodig hê, mens weet nooit nie. Nie te min, so is ons op ons inspeksie deur die fasiliteite en toe ons om die draai gestap kom, op die dansvloer, staan die mooiste, stylvolste, aantreklikste, asemrowendste vrou wat ek nog ooit in my lewe gesien het. Sy het n koel somersrokie aangehad met hoë hak skoene, haar hare was geblaas en toe sy omdraai het dit vir my gevoel of ek vasgevang is in een of ander “slow motion reel” van n romantiese filims. Vuurwerke het ontplof en my oë was ieweskielik vol sterre, natuurlik op daai spesifieke oomblik het ek toe ook glad nie meer “jetlag” gehad nie. My knee was so lam dat die volgende 10 meter vir my soos n’ ewigheid gevoel het.
‘Natuurlik, is Maja omring deur al haar vriendinne en vriende, nie dat ek enige iemand anders raak gesien het behalwe vir haar nie. Die eerste “hallo” was vir my senutergend, ek het soos n 16 jarige skool seun op die hoogte van puberteid geklink, maar soos wat Maja is het sy die oomblik gemaklik laat voel met haar tegemoedkomende persoonlikheid en ek was net te bly niemand het aftergekom dat ek soos n doffel rondom haar optree nie.
Ons het vlugtig gesels en dadelik agter gekom dat ons altwee van sport hou, n’ gesprek wat nooit moontlik sou gewees het sonder my “asemrowende stylvolle” krieket klere nie (“just saying”). Ons het begin gesels oor aksie netbal en nommers uitgeruil toe sy hoor dat ek belang stel om te speel (“Nee regtig…. ek weet wat julle dink, eks glad nie n slegte hulpdoel nie hoor”).
Die res van die aand het nie so goed vir my gegaan nie, ek het redelik my afstand gehou as gevolg van my Sri Lankan tee reuk en dit het gelyk asof my enigste poging om haar aandag te kry misluk het nog voor ek dit probeer het. Om eerlik te wees, ek was te vrek bang gewees. Net voor ek die handoek behoorlik ingegooi sien sy my en nooi my om saam met haar n “shooter” te drink, net toe ek dink dat dit my kans is om alleen met haar te gesels nooi sy ook haar 2.10 meter vriend (Steffens, n’ baie goeie ou vriend, vind ek toe eers heelwat later uit) om ook n shooter te drink. Ek het dadelik gedink dat die kolosale man haar kêrel is en ook geweet dat mens nie in ander mans se slaai krap nie, veral nie in reuse sin nie. My twee vriende het natuurlik spoorloos verdwyn, en ek het geweet dat as daar moeilikheid sou kom dat ek darm weet waar al die nooduitgange is. Ek het baie bedags my shooter gedrink en daarna myself verskoon en huiswaarts verkeer.
Teen Maandag was ek uitgerus en vars op my pos by die werk, ek het my mede kollegas van my Sri Lanka toer vertel en hulle vertel van wat Saterdag aand gebeur het. Ek het hulle ook vertel van hoe ek oor my voete gestruikel het en dat ek al wat n’ kans was verbeur het, sy het dan n’ kêrel (of so het ek gedink). Die hele Maandag was my gedagtes by Maja en ek het met n groot “smile” op my gesig rond geloop soos n “drag queen” by n Truworths uitverkoping. Teen die middag kon ek dit nie meer hou nie en het besluit om n’ baie oppervlakkige, subtiele boodskap aan haar te stuur, waarop ek, bo my verwagting, dadelik n’ andwoord gekry het. Ons het met mekaar begin gesels en op slag “whatsapp chemistry gehad”, altans dis wat ek gedink het op daai oomblik. Ek het natuurlik ook deur die heen en weer boodskape ook uitgevind dat sy nie n kêrel het nie, nuus wat natuurlik my amper deur die dak laat spring het.
Teen Dinsdag het ek gevoel dat ek n kans moet vat om haar uit te vra vir koffie. Wimpie haar swaar het verjaar en sy het my, sonder om twee keer te dink, genooi om saam met hulle te kom kuier. Ek was eers gekant teen die idee want ek het haar net die Saterdagaand gesien, wou bitterlik graag eers alleen saam met haar kuier om haar beter te leer ken en dan die familie ontmoet maar soos wat Maja is het sy baie vining agter gekom dat ek ‘n rubber arm het en hom gedraai tot dat ek ingestem het. Grap net, om eerlik te wees, ek kon nie meer wag nie, ek wou haar baie graag weer sien.
Oppad om Maja te gaan ontmoet het ek eweskielik vreeslik angstig geraak, ek was uit my diepte en het nie geweet wat om te verwag nie. Wat as als weer verkeerd loop? Die wat as….senario het konstant deur my kop gehardloop en ek was so bang om n’slegte tweede, eerste inpresie te maak dat ek net daar en dan besluit het dat my plan van aksie gaan wees om eers die restuarant te gaan verken en om seker te maak dat ek weet waar al die nood uitgange is, mens weet nooit waneer mens hulle gaan nodig hê nie.
Heel senuweeagtig het ek my motor geparkeer en soos wat ek uit klim kom Maja by die parkeer area af gestap. Ek het daar dadelik raak gesien. Sy het n swart rokkie aan gehad met mooi oop skoene wat daarby pas, haar hare was gekrul en vas gemaak en sy het n bril gedra met groen rame wat sy nie die saterdag gedra het nie. Op daai spesifieke oomblik toe ek haar daar sien aan gestap kom het ek geweet dat dit verby is met my, dat Maja die een gaan wees saam met wie ek die res van my lewe gaan spandeer. Ek het natuurlik van al die nooduitgange vergeet.
Die aand het heel rustig begin, soos wat elke goeie aand maar begin. Ek het dadelik met Natasja en Wimpie oor die weg gekom en soos wat ons gesellig geraak het, het Wimpie se verjaarsdag ook nuwe hoogtes bereik en voor ons, ons oë kon uitvee het die hele rustige “ete” omgedraai in n’ braai by hulle huis, so nogals op n skool aand ook. Soos wat die aand gevorder het het ek tyd gehad om met Maja te gesels, en ek moes myself telke male keer om nie te staar nie, ek kon nie my oë van haar afhou nie en wou glad nie gehad het die aand moes eindig nie. Min het ek geweet dat my wense gaan waar word. Ons het gesels en stories oor en weer geruil, sy was snaaks en puttig en kan onthou hoe ek sommer dadelik mal was oor haar. Halfpad deur die aand, weet nog steeds nie hoe dit gebeur het nie, het ons mekaar vir die eerste keer gesoen. Ek kan nie onthou hoe ons tot op daai punt gekom het nie al wat ek wel kan onthou was die soen self. Dit was een van daai soene wat mense se tone laat krul en mens wil nie hê daai soene moet ooit ophou nie. As ek nou terug dink, dink ek dit was die kersie op die koek, die finale teken die “aha oomblik” vir my hart, want dis waar Maja finaal my hart gesteel het.
Vandag 4 jaar na ons mekaar ontmoet het kry ek nog steeds dieselfde gevoel wat ek gekry het toe ek haar die eerste keer ontmoet het. Die “slow motion” oomblike, die finale hartskop “aha oomblikke”, die vuurwerke en sterretjies oomblikke. Daai oomblikke is die kosbaarste en ek is opgewonde om die res van my lewe saam met haar te spandeer. Maja is en sal altyd my hart se punt bly. Ons storie is nog lank nie klaar geskryf nie en kan nie wag om te sien wat in die volgende hoofstuk van ons lewe saam gaan gebeur nie.

Johan de Lange & Maja du Plessis
Countdown
Ons sien so uit dat julle ons spesiale dag saam met ons gaan deel binne….
johan en maja trou oor
Day(s)
:
Hour(s)
:
Minute(s)
:
Second(s)
die dag van
Johan en Maja
besonderhede
Date: 31 Januarie 2020
Time: 16:00
Location: 23 on Riverside, Centurion
voorspelde weer
Temperature: 28°C
Rain: 10%
Humidity: 0%
Wind: 10km/h
These are estimates based on historical values

Van ons fotos
“Love is a fruit in season at all times, and within reach of every hand.” —Mother Teresa
*fotos verskaf




blyplek
(23 on riverside)
Geniet die dag saam met ons, en bespreek by 23 on Riverside indien jy wil oorslaap.
Skakel – 083 321 3585
Lanseria, Pretoria Rural, Centurion, 2000
Kaart beskikbaar op RSVP skakel onderaan.
GESKENKE
“Our life together has already begun
And we almost have everything under the sun
So we both thought we would make a suggestion
To save you from all the searching and guessing
Instead of spending lots and lots
Just put some money with your card
And place it into our Moneybox
Large amounts are not anticipated
Any amount would be appreciated
Now that we have saved you all the fuss
We can’t wait for you to celebrate with us!”