armand & marina
trou 30 november 2019ons storie
Gelukkig kon Marina & Armand altwee tussen links en regs onderskei, anders was ons dalk nie vandag hier nie.
I’m going to marry this girl
Gelukkig kon Marina & Armand altwee tussen links en regs onderskei, anders was ons dalk nie vandag hier nie J. In die somer van 2017 sit Armand een aand op sy foon saam een van sy vriende en sê hardop: “I’m going to marry this girl.”, net na hy ‘n foto van Marina gesien het. Dit vat nie lank voor hulle ure lank oor die foon gesels nie en net na Kersfees besluit Marina om mense te vertrou of eeder goedkoop vervoer terug Pretoria toe te kry vir Nuwejaars. Die impulsiewe Armand het ook nie laat 500 kilometers hom keer nie, en het die langpad in sy kort khaki broek en vellies aangedurf. Dit alles om ‘n vreemde meisie te kom ontmoet by ATKV Die Eiland, hy het sommer daai dag ouers ook ontmoet en saam gekamp.
Ons albei was vreeslik op ons senuwees maar toe ons mekaar by die hek ontmoet was dit asof alles vergete was, ja selfs die lift Pretoria toe. Dit was liefde op die eerste oog opslag. Armand het nie lank gevat om Marina as sy meisie te neem nie en op 7 Januarie 2018 is hulle ‘n gelukkige paartjie met liggies in die agtergrond en roomys in die hand.
Marina het na Carletonville verhuis op 14 Januarie en Armand wat in Eikenhof woon, het elke dag in sy bakkie geklim om Marina se eensaamheid te verlig. Hy was ‘n ware lewensredder en kon nie op ‘n beter tyd sy verskyning maak nie.
Ons het soos elke maand verby gaan, net meer geheg aan mekaar geraak. Ons het saam al baie houe van die lewe geneem en mekaar se hand stewig vasgehou. Ons is werklik mekaar se anker in die lewe.
Op 7 Oktober na ‘n naweek vol oomblikke wat perfek sou wees om die vraag te vra, vra Armand die groot vraag op die lughawe toe hulle vroeg land na ‘n naweek op die kus. Albei se families teenwoordig, almal ook in op die ding. Dit was perfek, met die liedjie van Roan Ash wat speel “If I ever saw heaven”, was Marina virseker in die hemel.
Ons liefde vir mekaar groei daagliks en alhoewel die lewe en verhoudings nie perfek is nie, is ons toegewyd aan mekaar. Ons sien uit na die volgende hoofstuk van ons lewens en om mekaar daagliks beter te leer ken, te ondersteun en mekaar bo alles lief te hê.
1 Kor 13:13 “En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!”

Armand Kruger
Armand is ‘n regte boer seun wat se wortels diep in die bosveld geanker is. Hy is hardwerkend en staan nie terug vir enige van die uitdagings wat die lewe gee nie. Hy is wel kort van draad maar het ‘n hart van goud wat gekerf is met omgee en liefde. Sy liefde vir die natuur staan soos ‘n hardekool boom & op sy trekker is waar jy hom eerder sal vind. Hy is op sy gelukkigste om ‘n bosveld vuur met ‘n brannewyn in die hand. Hy is ‘n man van min woorde maar, as jy hom beter leer ken verloor jy jou ore. Sy voete sal myle loop vir die mense na aan sy hart en sy hande sal altyd bereid wees om te help waar hulle kan. Hy is ‘n gedrewe jong man met drome partykeer groter as eskom se skuld.
‘n Paar van sy gunstelinge:
Gunsteling kleur: Groen en Bruin
Gunsteling drankie: Brannas & water
Gunsteling snack: Nat biltong
Gunsteling kos: Steak & seekos

Marina Paynter
Marina is ‘n jong onderwyseres met ‘n regte babbelbekkie reg onder haar neus. Sy is ‘n baie hardkoppige en eie wyse dame wat nie sommer van plan verander as sy op iets besluit het nie. Sy hou van die winkels & almal wat haar klere kas al gesien het sal daarvan kan getuig. Sy is ook ‘n regte dolfyn wat mal is oor die see & water. Glo dit of nie met die hardkoppigheid is daar ook ‘n klein hartjie agter die sproetgesiggie. Sy is groot op familie en sal haar familie nie vir enige iets in die wêreld verruil nie. Marina het groot drome vir haarself sowel as vir haar en haar lewensmaat. Sy glo vas dat ‘n goeie koppie koffie enige iets kan regmaak en indien dit nie sterk genoeg is nie, wyn altyd ‘n opsie is.
‘n Paar van haar gunstelinge:
Gunsteling kleur : Turqouise
Gunsteling drankie: Gin & Tonic
Gunsteling sjokalade: Enige dark chocolate
Gunsteling kos: Enige pasta of pizza
Gunsteling blom: Sonneblomme
Countdown
We trust that you are just as excited as we are about this momentous occasion coming up. We are counting the days, hours and minutes till we get to spend an eternity with each other.
ARMAND & Marina trou
Day(s)
:
Hour(s)
:
Minute(s)
:
Second(s)
DIE DAG VAN
Event Details
Date: 30 November 2019
Time: 16:00
Location: Brits, Zakopane
Predicted Weather
Temperature: 31°C
Rain: 10%
Humidity: 0%
Wind: 10km/h
These are estimates based on historical values

Gallery
“Love is a fruit in season at all times, and within reach of every hand.” —Mother Teresa








BLYPLEK
(BRITS)
Geniet die spesiale dag saam met ons. Bespreek gerus jou blyplek by een van die onderstaande gastehuise.
Zakopane
The Stone Cellar
GESKENKLYS
‘n Geldjie word waardeer want ons nessie is reeds geveer
SIEN ons jou daar?
Dit sal vir ons so baie beteken om jou deel van ons spesiale dag te maak.